Finweek - Afrikaans

DIE GESLOER VAN DIE TOP40-INDEKS

aandeelbeleggings klop gewoonlik inflasie. Maar hulle het stoom verlooren baie kleinbeleggers en pensioentrekkers hou hulle nou teësinnig in hul portefeuljes. Plaaslike en internasionale markkragte het baie van Suid-Afrika se grootste en likiedste – of dié met gesonde daaglikse verhandelingsvolumes – aandele vuisvoos gemoker.

Die FTSE/JSE seTop40-indeks, ’n plaaslike maatstafindeks geweeg deur maatskappye se kapitalisasiegewig, het die afgelope vyf jaar kapitaalgroei van 3% per jaar en ’n algehele opbrengs van net meer as 5% opgelewer. Intussen het verbruikerspryse in dieselfde tydperk met 5,9% per jaar gestyg, en beleggers in die Top40-indeks het gevolglik swakker as inflasie gevaar, selfs wanneer dividende ingereken word.

Effekte, of genoteerde skuld deur regerings en maatskappye, het die afgelope vyf jaar jaarliks 8,16% opgelewer, volgens Bloomberg-data.

Benewens die grootste aandele se flou vertoning van die afgelope vyf jaar het verskeie noemenswaardige aandele uit die indeks geval, terwyl die onlangse hulpbronprysoplewing slegs ’n paar mynbouaandele bevoordeel het. Van die 42 lede* van dieTop40-indeks in die laaste kwartaal van 2014 het net 19 die afgelope vyf jaar kapitaalgroei aan beleggers gebied. Die 23 ander aandele het gewissel van dalings van tot 98% – by Steinhoff – tot net 5,34% deur Absa Group. Sommige kwessies was internasionaal van aard, terwyl ander gebied-of maatskappyspesifiek was.

Die Federale Reserweraad se houe

Een van die hoofredes vir die aandeelprys-ellende onder indeksaandele was die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se siklus van rentekoersverhogings, wat verlede jaar geëindig het. Beleggers in ontwikkelde ekonomieë wat bewus is van die risiko van belegging in ontluikende markte met al hul politieke en beleidsonsekerhede verkies teoreties minder riskante ontwikkeldemark-bates.

“Tydens Amerika se siklus van rentekoersverhogings – wat verlede jaar geëindig “Die negatiewe uitwerking het gewissel, afhangend van die maatskappy, sy sektor en geografiese omvang.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans2 min read
Die Redakteur Sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook di
Finweek - Afrikaans3 min read
Hoe Om In Die Volgende Dekade Na Waarde In Aandele Te Soek
baie mense vra my uit oor die vooruitsigte vir wêreldaandelefondse in die volgende dekade. Dis nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Soos ek al voorheen aangedui het, is die gehalte van die fondse waarin jy belê belangriker as die enkele prestas

Related