Rapport

Plesier-dier!

Wanneer laas het jy die manne om ’n braaivleisvuur yskaste hoor praat? “Sê jou wat, ou Flip. Ek het myne nou al drie jaar en hy’s ’n beaut. Spierwit, met ’n klassieke vierkantige ontwerp.

“Taaiers kos my ook niks. Hy staan net daar op pootjies wat vir goeie grondvrye hoogte gestel is. Vering is boonop besonders; vier rubbertjies onder die kompressor en vier interne krulvere waarop einste kompressortjie se binnegoed rus, om te keer dat vibrasies deur die yskas self versprei. Doeltreffende lugfiltertjie ook en ’n elektriese motortjie lig op krag.”

Waarop Flip sê: “My yskas ook, ou Floors. Goeie verbruik met sy enkelsuierkompressor. Ek draai soms die stertkant na voor sodat ek liggies teen daai mooi swart kompressortjie kan skop, soos petrolkoppe met motorwiele maak.

“Verpakking en laairuimte is ook uitstekend: 234-liter-yskas, 86-liter-vrieskas. En ’n tweedeur daarby, ’n koepee.”

Dan weer Floors: “Ja, ’n kabriolet-yskas gaan moeilik wees. Maar daar’s ander opwindende nuus. Ek sien in die nuutste uitgawe van Yskoud, die Rolls-Royce van yskastydskrifte, dat vervaardigers nou weer rooies en geles en poeierbloues bemark. En dis blêrrie opwindend, ek drink sommer nog ’n (koue) dop!”

Polsende heupe en eendstertkuiwe

So, wanneer laas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
Maimane ’n Dogter Ryker
Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword. Maimane het gister op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind. Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace. “Ons
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport3 min read
ANC Swaai Om Oor Verdagte Lede
Presies agt weke nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ANC-lede wat aangekla is van korrupsie mag vir geen regeringspos oorweeg word nie, het die party dié besluit herroep. Groot opwinding het geheers toe Ramaphosa op Maandag 31 Augustus in ’n