Geleentheidskoste van gedwonge beleggings kan te swaar weeg
Mar 13, 2020
3 minutes
Deur Timothy Rangongo
![f0041-01](https://article-imgs.scribdassets.com/7wdlcz79z47p1r1l/images/file958458TP.jpg)
die Suid-Afrikaanse regering bevind hom tussen ’n fiskale hamer en ’n ekonomiese aambeeld, waar staatskuld die hoogte inskiet en die ekonomie tot stilstand knars. Om gate in die staat se beursie asook dié van openbare ondernemings soos Eskom, Transnet en ’n horde ander toe te stop, het die nasionale tesourie nou Suid-Afrikaners se aftreegeld in die visier.
Die tesourie beoog naamlik die herinstelling van ’n omstrede en hoogs aanvegbare batebestuursbeleid van voorgeskrewe bates, waarvan in die laat 1980’s afgesien is. Die beleid van voorgeskrewe bates is in 1956 vir die eerste keer in SA ingestel, toe daar
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days