Lelike, lastige VRATJIES
Mar 23, 2020
3 minutes
Deur SALOMÉ DELPORT
![rooros2004_article_068_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/7zmuh3b287ql5hn/images/file7DKOL0QZ.jpg)
Die boereraatboek, Volksgeneeskuns in Suid-Afrika, het rate wat mens laat ineenkrimp, soos om warm kersvet op jou vratjie te drup. Nog een is glads romanties: jy wag tot volmaan en blaas die vratjie maan toe; doen jy dit getrou, sal jy sien jou vratjie verdwyn binne twaalf volmane. Die meeste ander rate is meer konkreet: jy smeer iets aan soos een of ander plantsap soos vyesap, of ’n olie soos paraffien of iets met ’n alkoholbasis soos Eau de Cologne 4711 (net ons ouer lesers sal weet wat dit is!) of brandspiritus.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days