Weg!

SWARTLAND, HARTLAND

Goue landerye strek uit in elke windrigting. Die koring wuif liggies in die bries. Elke dan en wan verbreek ’n dorp, plaaswerf en ’n paar skape die toneel.

Ek staan op die Piekenierskloofpas op die Olifantsrivierberg wat die noordelike grens van die Swartland vorm.

Hierdie uitkykpunt is ’n goeie plek om te sien hoe groot en wyd dié streek werklik is. Dis skemer en ek maak net-net die paaie uit wat ek die afgelope dae van dorp tot dorp gery het. Ek sien die plekke waar ek met boere, bloemiste, bakkers en wynmakers gesels het om te probeer uitpluis: Wat is die Swartland?

Jolene Janse van Rensburg is ’n local en die bestuurder van die Swartland-wyn-en-olyfroete en sy sukkel self met die vraag. Sy meen dis maklik om die streek volgens munisipale gebiede te identifiseer, maar dit sluit ook in kusdorpe soos Yzerfontein en Grottobaai, tesame met boerderydorpe soos Koringberg, Riebeek-Kasteel, Darling en Malmesbury.

“Die kusdorpe is meer Weskus,” sê sy. “Die Swartland is anders… dit het ’n ander gevoel. En elkeen hier het ’n ander mening oor wat daai gevoel beteken.”

Oestyd

Vir Cobus Bester het daai gevoel te make met die siklus van ’n boerdery.

Hy wag vir my by die ingang na sy plaas Uitkyk op die Bottelfonteinpad tussen Moorreesburg en Malmesbury. Sy arm hang by sy wit bakkie se venster uit, en hy knik voordat hy wys hoe ek moet ry na die plaashuis. Later in die kombuis maak hy vir ons koffie. Die Franse dompelpot lyk heel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related