Tuis

Dié maand in jou tuin

Dis planttyd

As jy droom van ’n kleurryke lentetuin, moet jy in die herfs wanneer die aarde begin afkoel begin voorbereidings doen. Plant inheemse en eksotiese bolle wat in die lente blom sodat hulle ná die wintermaande in hul volle glorie kan pronk – vul beddings, rotstuine, houers en hangmandjies met dié skoonhede.

Winter- en lenteblommende jaarplante is veelsydig: dit werk in massa-aanplantings, randakkers, potte, vensterbakke en hangmandjies. Plant kompakte variëteite langs ’n paadjie en rondom lentebolle. Laat dié met ’n spreidende groeiwyse oor lae mure en uit potte, vensterbakke en hangmandjies tuimel, en gebruik hoër groeiers vir kleur in ’n randakker.

Wat sê ’n naam?

Tuinmaak is soveel interessanter as jy die betekenis van plantname begryp. ’n Naam help boonop die tuinier om die voorkoms en groeiwyse van ’n plant beter te verstaan, asook watter toestande dit verkies.

In 1707 het ’n Sweedse plantkundige, Carl Linnaeus, met ’n binomiale stelsel begin orde skep

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis13 min read
Geniet Meer Groente
Gekaramelliseerde uie neem lank en is ’n liefdestaak wat ’n haastige mens liewer nie moet aanpak nie! Skink ’n glas wyn en geniet die heerlike aromas terwyl jou uie stadig braai. Maak 4 burgers • Voorbereiding: 45 minute • Gaarmaaktyd: 1 uur • 30 ml

Related