SA Hunter/Jagter

MOOLMANSHOEK SE JAG

Waar sal ek met die verhaal begin? Ek sien dis deesdae gewild onder skrywers om met hul stories by die halfpadmerk weg te spring, ’n stuk te vertel net om dan hulself te onderbreek en terug te spring na die begin toe. Dit alles vir effek, drama, uitsteltegniek, of so iets. Ek het nie daardie tipe skryfvermoë nie so ek sal maar begin by die begin...

2019 was my jubeljaar. Wel, eintlik my en my vrou se jubeljaar. Ons het altwee 50 jaar oud geword en sommer verskeie uitstappies vir ons verjaardae beplan, solank dit net nie by die huis was nie. So het my vrou vir my ’n jag gereël! (Nee, jy kan haar nie kry nie. Ek ruil haar vir niks in die lewe nie, nie eens jou nuwe Land Cruiser nie!). Die jag sou op Moolmanshoek plaasvind ’n paar maande voor my eintlike verjaardag. En daar was so ’n spesiale ietsie ekstra by; ek sou die jagtog te perd doen!

Natuurlik gaan daar onmiddellik ’n klompie vrae deur ’n mens se gedagtes: Skiet jy van die perd af soos wat cowboys die Amerikaanse buffels geskiet het? Kan ek nog perd ry? Het hulle ’n perd wat my entjie-oordie-honderd-kilogram-lyf sal kan dra sonder om erge kreungeluide te maak, of het hulle dalk gewigsbeperkings vir voornemende ruiters?

Maar voor ek voortgaan, kom ek antwoord sommer nou al dié vrae. ’n Mens skiet nie van ’n perd af nie. Jy ry met die perd om die wild te soek,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter4 min read
Pierre Se Herlaaitafelf Patroondoppe – Deel II
Die doel van hierdie reeks intreebesprekings oor die herlaai van patrone is om konsepte eerder as tegnieke te bespreek. Soos genoem in die vorige artikel, word drie tegnieke normaalweg gebruik om dopeenvormigheid te bepaal, naamlik volgens: • nekwand
SA Hunter/Jagter3 min read
Kry Die Afstand Met ROARK PRECISION OPTICS Se LEGACY 10x42
Verkykers met ingeboude afstandmeters is produkte wat al dekades vir die skietpubliek beskikbaar is. As produk het dit ’n militêre ontstaan gehad. Die eerste sulke verkyker/afstandmeter-kombinasies is in die 1980’s aan NAVO se kompaniebevelvoerders u
SA Hunter/Jagter8 min read
Ammunisie: Wat Om Te Doen En Wat Nie!
Ek was al meermale stomgeslaan deur die mate van naïwiteit en selfs argeloosheid waarmee sommige jagters hulle jagammunisie hanteer. As ons vir ’n oomblik in gedagte hou dat dit aan die einde van die dag die koeël is wat die harde werk doen, behoort

Related Books & Audiobooks