SARIE

Goud agter die skerms

Marí Conradie het al met ’n gebreekte arm aktrise Rolanda Marais se hare op stel geknip, akteur Jarrid Geduld se grimering gedoen terwyl skote buite in die strate van die bendegeteisterde Lavender Hill digby Kaapstad klap en gesorg vir die kostuums én grimering vir ’n vollengte rolprent wat binne twee weke geskiet moes word.

In dié bedryf is daar altyd nuwe uitdagings, vertel Marí, wat die afgelope vyf jaar veral as grimeerkunstenaar haar stempel in die filmbedryf afgedruk het. “Jy leer elke dag iets nuuts, daar is immer nog ’n interessante karakter, nog ’n inspirerende akteur of aktrise saam met wie jy graag wil werk.”

Marí was eintlik voltyds interieurontwerper by ’n Kaapse maatskappy toe sy vroeg in 2015 onverwags die aanbod kry om die grimering vir ’n film te doen, en “blindelings ingespring” het.

‘Ek is gewoonlik eerste op stel, en van die laastes om te gaan’
Marí Conradie, grimeerkunstenaar en haarstilis

“Iemand het my gevra om op stel vir haar in te staan. Ek het vroeër ’n jaarkursus in grimering gedoenvan Deon Meyer, met Amalia Uys in die hoofrol. Ek het eintlik glad nie geweet wat ek doen nie, maar van die eerste oomblik af was ek mal daaroor,” vertel sy.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE12 min read
Ons Wêreld
Vanjaar se twaalfde kykNET Silwerskermfees is soos altyd ook ’n wegspringblok vir aspirant-filmmakers in die TV- en rolprentbedryf. Onder die debuutwerke tel agt kortfilms deur opkomende filmmakers, vyf kort dokumentêre films en ses shotgun-kortfilms
SARIE3 min read
Nataniël Sê
Daar was ’n rolprent, vrygestel iewers tydens my mees kwesbare jare, in een toneel het ’n jong meisie in die biblioteek van ’n herehuis gestaan, sy het ’n boek uit die rak gehaal, die boek het begin skyn, helder ligstrale het van tussen die bladsye o
SARIE3 min read
Skrywer Stap Terug Op Haar Kinderspore Vir Nuwe Roman
Madelein verplaas ons na 1974, na die kleinhoewe net buite Bloemfontein waar Bessie saam met haar broer, Willem, woon. Haar man Stefaans is kort tevore aan kanker oorlede, sonder om goeie voorsorg vir Bessie te tref. Sy moet haar sente omdraai. Nou k

Related