SARIE KOS

DIE KOS van konings

Die wondervrou van sampioene

In die middel van die Boland, op ’n plaas by Rawsonville, woon ’n wondervrou wat al 19 jaar met sampioene boer. Wilmaré Lotz van Boland Mushrooms se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy kweek van knopiesampioene tot portobellini’s en nou ook oestersampioene. Boonop maak sy die kompos self. Ons het gaan inloer om meer oor haar boerdery en die fungi met sy lang steel en hoed op die kop uit te vind.

1 Hoe het dit gebeur dat jy met sampioene begin boer het?

My pa het 32 jaar gelede die plaas saam met ’n Nederlander begin. Ons familie het destyds niks geweet van sampioene of hoe om met dit te boer nie. Op ’n dag was die Nederlander net skoonveld en my pa moes toe besluit, gaan hy aan met die boerdery of los hy dit. En wel, hier staan die plaas steeds. My pa is in 2009 oorlede en ek’s van toe af alleen hierso.

2 Het jy van kleins af geweet jy wil ook ’n sampioenboer word?

Glad nie. Ek het voedselwetenskap op Stellenbosch gestudeer en vakansies hier op die plaas uitgehelp, maar dis waar my belangstelling gestop

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS7 min read
Allawêreld! Afrika
Hoe Amarula een van die wêreld se gewildste roomlikeurs geword het.” Die opskrif van ’n artikel in die Amerikaanse finansiële tydskrif Forbes. En verder word geskryf: “Die prominente olifant op die etiket is net so herkenbaar op die rak agter ’n kroe
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE

Related