Baba & Kleuter

VAN EIERTJIE TOT FETUS

Swangerskap word verdeel in drie trimesters wat elkeen sowat drie maande duur. In elke trimester ondergaan daardie bevrugte eierselletjie die merkwaardigste ontwikkeling tot op die dag dat jou baba op sy verwagte datum gebore word.

Die eerste trimester strek oor 12 asemrowende weke. Die eerste week van swangerskap begin in die eerste week van wat jou menstruele siklus sou gewees het as jy nie swanger was nie.

Die drie fases van die eerste trimester word verdeel in die bevrugting-, embrioen fetusfase.

WEEK 1

Sowat twee weke nadat jy gemenstrueer het, is daar weer ’n ovum (eiersel) beskikbaar wat wag om bevrug te word. Sodra die eerste spermsel en die eiersel mekaar ontmoet, versmelt die buitenste membrane van die twee selle en chemiese veranderinge in die eiertjie keer vinnig dat nog spermselle haar binnedring.

Wanneer die spermsel binne-in die eier is, stel dit ’n chemiese boodskap vry wat die eier so te sê aktiveer. Die spermsel se kop word dan na die kern van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter4 min read
Klein Dingetjies Help Jou Kraam
Kraam is harde werk en dit sou onwys wees om dit sonder beplanning aan te pak. As jy jou liggaam en gees voorberei en sorg vir ’n paar hulpmiddels wat die sintuie streel, verbeter jy jou kans dat die groot dag vlot verloop. Die Johannesburgse vroedvr
Baba & Kleuter1 min read
Mooie Afrika!
KOOP NOU Unicorn Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU Whimsical Crescent Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU Kubus-rak vanaf R2 249, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NO
Baba & Kleuter6 min read
Waarop Floreer My Fetus?
Gedurende die eerste trimester kan die fisieke en emosionele veranderings wat jou liggaam beleef, die ontwikkelende band tussen jou en die vreemde boontjie in jou lyf oorskadu. Naarheid, seer borste, sooibrand en uitputting kan sy tol eis en jou aand

Related