SA Hunter/Jagter

HOE OM JOU DUBBELGEWEER TE REGULEER

Om ’n dubbelgeweer aan die skiet te kry, is een van die ingewikkeldste projekte wat ’n mens kan aanpak – daaroor is daar al dikwels geskryf. In baie gevalle dateer die gewere ’n honderd jaar of meer uit die verlede en bestaan die makers nie eens meer nie, so ’n resep wat werk, kan nie met die stuur van ’n e-pos gekry word nie. Ten einde te verstaan hoekom dit soms so moeilik is om ’n dubbelgeweer te kry om akkuraat te skiet, is dit nodig om vlugtig te kyk na hoe dié roere aanvanklik gebou is.

Een van die grootste voordele wat die dubbelgeweer bó die grendelaksiegeweer inhou, is die feit dat die dubbel ’n feitlik onmiddellike tweede skoot bied. Hierdie het menige grootwildjagter al uit ’n gevaarlike situasie met ’n gekweste buffel of ander gevaarlike dier gered, en die swaarkaliber-dubbelgewere (wat veral deur die Britte in vroeër jare gemaak is) het gou legendariese reputasies as uitstekende stoppers opgebou.

TRADISIONELE, TYDSAME METODES

Die sisteem wat die Britte en die ander geweermakers van ouds uitgedink het om ’n dubbel se twee lope te kry om in die kol te skiet (die proses word “regulasie” genoem) op 50m of so, was om die twee lope met ’n rib (een bo-opingelê. Die geweer is hierna, voor dit gegraveer is, of die kolf finaal afgewerk is, skietbaan toe gevat met ’n klompie ammunisie om daar na die teiken te skiet.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter4 min read
Pierre Se Herlaaitafelf Patroondoppe – Deel II
Die doel van hierdie reeks intreebesprekings oor die herlaai van patrone is om konsepte eerder as tegnieke te bespreek. Soos genoem in die vorige artikel, word drie tegnieke normaalweg gebruik om dopeenvormigheid te bepaal, naamlik volgens: • nekwand
SA Hunter/Jagter3 min read
Kry Die Afstand Met ROARK PRECISION OPTICS Se LEGACY 10x42
Verkykers met ingeboude afstandmeters is produkte wat al dekades vir die skietpubliek beskikbaar is. As produk het dit ’n militêre ontstaan gehad. Die eerste sulke verkyker/afstandmeter-kombinasies is in die 1980’s aan NAVO se kompaniebevelvoerders u
SA Hunter/Jagter8 min read
Ammunisie: Wat Om Te Doen En Wat Nie!
Ek was al meermale stomgeslaan deur die mate van naïwiteit en selfs argeloosheid waarmee sommige jagters hulle jagammunisie hanteer. As ons vir ’n oomblik in gedagte hou dat dit aan die einde van die dag die koeël is wat die harde werk doen, behoort

Related