Landbouweekblad

‘Ek sou al veel vroeër saam met die natuur geboer het’

Drie jaar gelede het groot dele veld van die plaas Zandvlakte in die Baviaanskloof nog pok-geskend gelyk, vandag is dit eilandjies van groen tussen feitlik kaal grond.

Die groen eilandjies is saaddammetjies wat drie jaar gelede oor 20 hektaar se feitlik kaalgestroopte veld gegrawe is om spekboom daarin te plant, grassaad in te strooi en dit daarna met doringtakke toe te pak.

Dit is maar een van vele inisiatiewe om die afgetakelde landskap en plantegroei te herstel. Ander projekte sluit in die rehabilitasie van die Baviaanskloofrivier se vloedvlakte, grootskeepse spekboom-aanplantings en die rehabilitasie van ’n alluviale waaier.

“Zandvlakte se fontein het opgedroog. Ek het besef dat landskapherstel die enigste volhoubare opsie sou wees om die grondwaterbronne weer aan te vul,” sê mnr. Pieter Kruger, eienaar van Zandvlakte.

Met Landbouweekblad se besoek drie jaar gelede het Kruger reeds met die rehabilitasiewerk begin, danksy finansiering én fisieke hulp van onder meer die Nederlandse regering, Living Lands (’n Nederlandse landskapherstelorganisasie wat onder meer in die Baviaanskloof werk), en regeringsprojekte, soos Werk vir Vleilande. (Sien ook “Rig jou boerdery volgens die omgewing”, LBW, 23 Februarie 2018.)

Laasgenoemde het klipmandjies en slikdamme in die hoofkanaal van die Baviaanskloofrivier aangebring om te help met die herstel van die vloedvlakte. In 2008 is 2 000 spekbome per hektaar vernielde veld geplant. Alle vee is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related