Rapport

Pa’s hoor: ‘Julle het geen regte’

In twee voorvalle van oordadige en hardhandige polisieoptrede het munisipale wetstoepassers aan die Oos- en die Weskus die ouers van jong kinders voor hul kleingoedin hegtenis geneem weens nietige oortredings van die inperkingsregulasies.

In Ballito, aan die KwaZulu-Natalse Noordkus, het metropolisielede die aangekeerde mense toegesnou dat hulle “geen regte het nie”; en in Dwarskersbos, aan die Weskus, is ’n pa met ’n tien maande oue baba in sy arms in hegtenis geneem “om ’n voorbeeld van hom te maak” en omdat hy “geen respek vir die land en die president het nie”.

In albei gevalle is die betrokke amptenare in ’n blitsige ondersoek deur hul onderskeie munisipaliteite van blaam onthef.

Die inhegtenisnemings is gemaak enkele dae voordat regter Hans Fabricius in ’n siedende uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria ingeklim het onder die regering vir sy vertrapping van mense se regte tydens die inperking. Fabricius het gesê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
Maimane ’n Dogter Ryker
Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword. Maimane het gister op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind. Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace. “Ons
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport3 min read
ANC Swaai Om Oor Verdagte Lede
Presies agt weke nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ANC-lede wat aangekla is van korrupsie mag vir geen regeringspos oorweeg word nie, het die party dié besluit herroep. Groot opwinding het geheers toe Ramaphosa op Maandag 31 Augustus in ’n

Related