Weg! Ry & Sleep

Vervaardigers sit skouer aan wiel

Ondanks enorme finansiële verliese weens die streng inperkingsmaatreëls het voertuigvervaardigers in Suid-Afrika vrywillig ingespring om die wa deur die drif te help trek met die Covid-19-pandemie.

Nissan Suid-Afrika het 12 voertuie aan die Universiteit van die Witwatersrand verskaf sodat gesondheidswerkers die gemeenskappe van Soshanguve, Ga-Rankuwa, Winterveldt, Hammanskraal en ’n klompie ander gemeenskappe noord van Gauteng kan besoek om te toets vir die virus.

Op sy beurt het Ford Suid-Afrika ’n geldelike bydrae gemaak aan die Gift of the Givers-stigting én 57 000 plastiekgesigskerms in sy Silverton-aanleg vervaardig wat alles aan noodsaaklike diensleweraars geskenk word. Ford en sy subkontrakteurs hoop om ’n halfmiljoen gesigskerms te verskaf in ’n poging om die verspreiding van die virus te vertraag totdat ’n doeltreffende entstof gevind word. Saam met Peugeot-Citroën Suid-Afrika het Ford ook verskeie voertuie beskikbaar gestel sodat gesondheidswerkers by gemeenskappe kan uitkom en Covid-19-toetse doen.

Hyundai Suid-Afrika het agt voertuie - waaronder H100-vragmotors en H-1-bussies - aan Gift of the Givers en die FoodForward-stigting geskenk sodat kospakkies by hulphoewende gemeenskappe afgelewer kan word.

BMW Suid-Afrika het 40 000 maskers aan die departement van gesondheid geskenk en sy BMW On Call-noodpadbystanddiens beskikbaar gestel aan polisielede,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die