Landbouweekblad

Beefmasters gedy in Kalahari

Die meeste mense ken mnr. Paul van Vuuren as die uitvoerende hoof van die afslaersonderneming André Kock en Seuns in Limpopo en kampvegter vir die veilingbedryf tydens die onlangse bek-en-klouseer-uitbrekings en die Covid-19-pandemie wat die bedryf amper ’n doodskoot toegedien het. Min mense besef egter dat hy saam met sy seun, Paul jr., ook agter die suksesvolle V8-Beefmasterstoetery van die Kaingo-boerdery by Bray staan.

As iemand wat daagliks met alle beesrasse te doen kry, het Van Vuuren sy somme fyn gemaak voordat hy op die Beefmaster besluit het. Trouens, hy was eers ’n Brahmanteler en praat steeds met groot lof van dié ras.

Die feit dat Brahmantelers skou en Beefmastertelers, nes Bonsmaratelers, nie skou nie, was een van die dinge wat hom na die Beefmasterras oorgehaal het.

“Ek wou nie by veeskoue betrokke raak nie. Ek het na ’n ander ras gesoek wat vir my ’n swaar speenkalf kan gee. Dit is mos wat ’n mens wil hê as jy met vleisbeeste boer – swaar speenkalwers op ’n jong ouderdom.”

Van Vuuren sê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related