Huisgenoot

Riblek-lekker

RIBBRAAISTUK MET AARTAPPELGRATIN

GENOEG VIR 6-8 MENSE

BEREIDING: 30 MIN.

MARINEER: 1 UUR

RUS: 30 MIN.

GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) roosmaryn, gekap
10 ml (2 t) Dijonmosterd, plus ekstra vir voorsit
3 ansjovisfilette, met ’n vysel en stamp fyngedruk
1 beesribstuk met minstens
5 ribbes
3 uie, in dun skywe gesny

AARTAPPELGRATIN

500 ml (2 k) room
4 knoffelhuisies, fyngedruk
5 groot aartappels
sout en vars gemaalde swartpeper
’n halwe muskaatneut

1 Meng die olie, roosmaryn, mosterd en ansjovis in ’n oondskottel. Smeer dié mengsel oraloor die vleis, bedek die skottel en laat marineer 1 uur by kamertemperatuur.

2 Aartappelgratin Voorverhit die oond tot 190 °C. Klits die room en knoffel saam in ’n groot bak en sit eenkant. Skil en sny die aartappels in dun skywe en meng dit deur die roommengsel. Geur met sout en peper en pak in egalige lae in ’n gesmeerde oondskottel.

Rasper die neutmuskaat bo-oor, bedek eers met bakpapier en dan met foelie en bak 45 min. tot 1 uur. Verwyder die papier en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related