Landbouweekblad

BYT VAS, die wiel sál draai

Suid-Afrika se wildbedryf is heeltemal eiesoortig.

“’n Mens kry dit nêrens anders ter wêreld nie. Dit is ’n Suid-Afrikaanse ding, dit is spesiaal en dit gaan nie verdwyn nie. Daar sál ’n herstel wees.”

Dít is waaraan mnr. Warrick Barnard, bekroonde wildboer van die Oos-Kaap, vashou sedert die Covid-19-pandemie die wildbedryf sleg gekwes het. Dit is ook die boodskap wat hy wil hê sy kollegas in die bedryf moet hoor, terwyl hulle spartel om deur die krisis te probeer kom.

“Dit is moeilik om lig aan die einde van die tonnel te sien, veral vir ouens wat slegs op die wildbedryf staatmaak. Sake is benard.”

Barnard is uitvoerende hoof en vennoot in die suksesvolle Woody Cape Wildlife, met plase by Salem en Cannon Rocks in die Oos-Kaap. Woody Cape Wildlife teel topgehalte wild, spesifiek buffels.

“Ons het swaar belê in die wildbedryf en topgehalte diere gekoop. In ’n groot mate sal dit ons deur hierdie moeilike tye dra. Ons verstaan dit is ’n langtermynbelegging, daarom sien ons die Covid-19-krisis maar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related