Rapport

Die Q-faktor

As jy ’n klip gooi na elke hond wat blaf, het wyle Winston Churchill gesê, sal jy nooit jou bestemming bereik nie. Dis hoekom die Italianers agter geraak het in die motorbedryf. Hulle kan oor die kleur van ’n glas wyn begin stry en dan’s die res van die dag verby. Of dikwels is einste glasie oor middagete so lekker dat daar nog ’n bottel volg.

La dolce vita is Italianers se brood. Die soete lewe geniet voorrang.

Die bestemming kan wag.

Reguit lyne en ronde vorme

Nou’s daar ook die ding tussen reguit lyne en geronde vorme, soos in die argitektuur: Lang, plat horisontale basislyne waaruit vertikales ten hemele skiet, plus vierkantige deure en vensters, dalk met geronde halfmaanvorme daarbo (“lunettes” of “oogkleppe”) plus patryspoortvensters hoog op in die struktuur.

En as die dak nie plat of hellend of getoring is nie, is dit waarskynlik gekoepel.

Elk van hierdie vorme word in Brunelleschi se fantastiese Florentynse katedraal vasgevang, of in Milaan se Galleria Vittorio Emanuele II-winkelsentrum met sy fassinerende yster-en-glas- gewelfde arkade-dakke, plus ’n glaskoepel bo die interseksie van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
Maimane ’n Dogter Ryker
Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword. Maimane het gister op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind. Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace. “Ons
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport3 min read
ANC Swaai Om Oor Verdagte Lede
Presies agt weke nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ANC-lede wat aangekla is van korrupsie mag vir geen regeringspos oorweeg word nie, het die party dié besluit herroep. Groot opwinding het geheers toe Ramaphosa op Maandag 31 Augustus in ’n