Weg! Ry & Sleep

Wabouers sien lig vorentoe

Woonwavervaardigers is hard getref deur die gevolge van die Covid-19-pandemie, maar Philip de Vries van Conqueror meen die plaaslike woonwamark behoort vinnig te herstel.

Voordat vlak 3 van die inperking in werking getree het, kon Conqueror net die helfte van sy personeel in die fabriek toelaat om produksie aan die gang te hou. En omdat die aandklok van krag was, kon hy byvoorbeeld nie skofte oorweeg vir hoër produksie nie. Die goeie nuus is dat die oorgrote meerderheid van plaaslike woonwavervaardigers – Conqueror inkluis – daarin kon slaag om al hulle personeel te behou.

Sedert die inperking is alle uitvoere gestaak. Dit is ’n groot slag vir ’n vervaardiger soos Conqueror, wat na Australië, Amerika en Europa uitvoer. Tog is die produksie van uitvoerwaens nie gestaak nie. Philip sê hulle moes ook plaaslike klante se bestellings afhandel, want hulle het byna geen kansellasies gehad nie.

“As ek vorentoe kyk, verwag ek dat ons mense in die nabye toekoms eerder plaaslik sal reis en vir eers die buiteland sal vermy. Dit behoort ’n positiewe uitwerking op ons kampbedryf te hê.”

Philip meen ’n prysverhoging is onafwendbaar. Die rand is swak en verskepingskoste het dramaties toegeneem – en sowat 95% van Conqueror se onderdele word ingevoer.

Willie Grobler van Echo4x4 beaam dat woonwavervaardigers nie ’n ander keuse gaan hê nie as om hulle pryse met 10-15%

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges