Weg! Ry & Sleep

Uit en tuis by die huis

MOEDVERLOOR SE VLAKTE

Sedert 2006 kamp Jannie en Alet Meyer van Alberton minstens een keer per maand.

Al sou die koronakamp net oor ’n naweek plaasvind, het ons sommer die woonwa ’n week vóór die tyd al in die tuin staangemaak. Só sal ons ons tuiskampplek opsom: ’n lekker stil plekkie, nie ver van die huis af nie, én dier- en kindervriendelik. Dit was só ’n gawe plek dat selfs die braaihout en limonade verskaf is.

Natuurlik was dit nie volmaak nie, want al ons vriende wat gewoonlik saam kamp, was nie hier nie. Om die waarheid te sê was ons só alleen, ons het ons kampplek Moedverloor se Vlakte gedoop. Ons het selfs ’n liedjie hieroor geskryf.

Gevolglik het ons vroeër as gewoonlik gaan inkruip, maar het nietemin die geleentheid gebruik om buite saam met die gesin te wees.

WIPPLANK OP COVID-19 (I)

Hulle is al amper twintig jaar lid van die woonwaklub. Al gebruik hulle vandag ’n woonwa, het Hennie en Susan Bloemhof van Port Elizabeth desjare met tente begin kamp.

Toe ons kamp opslaan, moes ons ’n bietjie kopkrap, want waar ons gewoonlik op gras staan, moes ons nou op ’n betonblad regkom. Ons het die grondseil oopgegooi, maar kon dit ook nie soos gewoonlik vaskap nie. Dieselfde met die gazebo se ankertoue. ’n Paar 25 ℓ-plastiekdromme vol water en ’n klompie potplante moes toe die knoop deurhak.

Vrydagmiddag het ons teen koffietyd Susan se heerlike plaatkoekies met heuning by ons boeretroos geniet.

’n Kamptarief van R100 per gesin is gehef, en die opbrengs het gegaan na mense in ons geledere wat weens die inperking sonder ’n inkomste sit.

Saterdagoggend se ontbyt was so stewig as wat jy dit kry: spek, eiers, roosterbrood en gebraaide tamatie. Deur die dag het ons ons dan besig gehou met bordspeletjies, lees en hekel. Die middag was ’n yskastert aan die beurt, en natuurlik het ons die dag afgesluit met ’n braai.

Ná Sondag se kerkdiens was dit tyd vir ’n volgende smullekker happie: souttert – ongelukkig sonder ons vriende. Daarna is ons druipstert terug in die huis om die inperking voort te sit.

WIPPLANK OP COVID-19 (II)

Hulle kamp 35 jaar al saam met SAWA en woon op Jeffreysbaai. En Simon en Ina Mattheus besit ’n Jurgens Expo-woonwa.

Ons het op die naam “Wipplank op Covid-19” besluit, want ná die aankondiging van die eerste inperking – ’n tydperk van drie weke – sou ons nog die Paaskamp kon bywoon, want dit was net ná die tydperk. Maar toe word dit verleng en ons was nie seker wat ons volgende te doen staan nie. Toe kom die virtuele kamp ter sprake.

Ons woonwa staan in die motorhuis en ons het hom opgeslaan net daar waar ons langs ons woonstel gekamp het. Die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related