Weg! Ry & Sleep

Kronkel deur die woestyn

Die Namakwa-4x4-ekoroete strek van Pofadder in die Boesmanland tot bo by Brandkaros in die Richtersveld. As jy elke hoek en draai van die roete verken, gaan hy jou maklik vyf dae besig hou, maar indien jy – soos ons – slegs die hoofaar volg, kan jy die hoogtepunte binne slegs drie dae sien.

Jy het ’n volwaardige viertrekvoertuig met veldrybande nodig om hierdie roete baas te raak. Hoewel hy nie hoërgraadveldrytalente vereis nie, moet jy kophou, want hier is ’n paar uitdagende hindernisse wat minagtende besoekers onkant sal betrap.

Jy kan ’n boswa sleep, maar ’n lang boswoonwa gaan nie hier deug nie. Daar is ook enkele hindernisse wat ’n groot 4x4-ryhuis sal fnuik.

Dit is ’n puik alternatief vir die pylreguit N14 tussen die Augrabies- en Richtersveld- nasionale park, en elke 4x4-entoesias moet dit darem één keer aandurf. En onthou, as jy dié roete meer as tien jaar gelede besoek het, deesdae lyk dinge anders as destyds – en dit gaan in die toekoms waarskynlik nóg verander.

DIE EERSTE DAG van die roete behoort nie te lank te duur nie. Jy het genoeg tyd om rustig ontbyt te eet in die Augrabies- nasionale park se restaurant vóór jy Pofadder toe mik om proviand te kry. Hoewel ons padbeskrywing slegs 3 dae duur, stel ons voor jy koop genoeg kos vir minstens 6 (en water vir 12), want mense – en hulp – is maar yl gesaai en jy gaan sukkel as die noodlot toeslaan.

Vra die petroljoggie om die brandstof met ’n besemstok in jou ryding se tenk vas te stamp: Jy gaan elke druppel nodig kry. ’n Groot deel van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related