Rapport

Schucks, jou grap is teen die reëls

Showmax het geen plig om flieks van Leon Schuster te wys nie. Hulle kan wys net wat hulle wil. Schuster-entoesiaste het ook geen “reg” om juis op Showmax na Schuster se boertery te kyk nie — genoeg van dié videos is op YouTube te kry, waar ek die afgelope week nagte om gekyk het hoe Schuster, in black-face, met wit mense se vrese, vooroordele en rassisme spot.

In die 80s en vroeë 90s, toe ’n reghebbende wit minderheid die onbenulligste aspekte van swart mense se lewe met kleinlike dekrete beheer het, het Schuster se komieklike, kleurryke inkarnasies met ’n kort stokkie aan groot leeus se balle gekrap. Hy het die ondoenbare gedoen en die onsêbare gesê.

Vir dekades het swart en wit sáám daarvoor gelag.

In 1989 ( waag Schuster dit as Abdul Raasbanja by ’n AWB-saamtrek in Boksburg, op Republiekdag, nogal. “Discrimanatory regulations in this country should once and for all be wiped out,” kraai die koddige Raasbanja oor sy megafoon, “so that me and my wife, Fatima, can move into Boksburg with my children. Maybe into a white area?”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band
Rapport4 min read
Fopnuus Fnuik Hulp Aan Boere
Fopnuus oor vragmotors met noodvoer aan boere in brandgeteisterde distrikte wat kwansuis deur brandstigters geteiken word, is besig om broodnodige hulp aan dié gebiede te beduiwel. Landbouleiers sê die video’s, foto’s en boodskappe doen geweldig skad

Related