Huisgenoot

ANDREW, PRINS VAN SKANDES

SY NAAM het sinoniem geword met skandale weens sy vriendskap met die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein, en die sage rondom prins Andrew woed voort terwyl Amerikaanse owerhede sy samewerking in die ondersoek na Epstein se grudade vra.

Nou is daar nóg vet op die vuur: die onthullings in ’n nuwe boek, Prince Andrew: Epstein and the Palace, deur die Britse skrywer Nigel Cawthorne.

In hierdie fassinerende uittreksel kyk die skrywer na Andrew se jeugjare en dae as flankerende vrygesel – ’n tyd van bevoorregting en luukses vir ’n bedorwe brokkie.

BABA KNORPOT

Andrew, wat op 19 Februarie 1960 gebore is, was sommer uit die staanspoor ’n handvol. Sy oppasser het hom kleintyd “Baby Grumpling” genoem oor sy kwaai buie, kattekwaad en hardkoppigheid, en dit was ’n opdraande stryd om die mannetjie basiese maniere te leer. Dit het al haar selfbeheersing geverg om hom nie sy kos so vinnig moontlik te laat afsluk sodat hy tog net weer kan gaan speel nie.

Ander lede van die paleispersoneel was aanvanklik gaande oor die oulike babaprins en het hom “Andy Pandy” genoem na aanleiding van ’n gewilde poppekasprogram op televisie. Maar dié bemindheid was van korte duur toe hulle ook agterkom hy raak nukkerig as hy nie sy sin kry nie. En nadat sy suster, Anne, kosskool toe is – na die privaat skool Benenden in Kent – het hy as enigste kind in die paleis as’t ware

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related