Landbouweekblad

Bedryf blom weer ná inperkskade

Ná vyf weke sonder blomme was die kans om gedurende die inperking ’n blomplaas te besoek, een van die beste byvoordele van ’n werk by Landbouweekblad.

Vriende en familie wat pas weer blomme kon koop, maar nie onnodig winkel toe wou gaan nie, het ook uitgesien na foto’s van massas kleurryke blomme.

Massas blomme is ongelukkig nie eintlik wat ’n mens sien waar lelies vir die voorste supermarkte gekweek word nie, sê mnr. Rohan Germishuys, bestuurder van Flora Jubilee by Swellendam.

Hy verduidelik waarom daar nie ’n oop blom in sig is in die kweekhuis of onder skadunet nie: “Ons moet die blomme in die regte stadium pluk. Lelies mag nie in die winkel oopgaan nie, en dit moet vyf dae op Wool-worths se rak staan voor dit mag oopgaan. Daarna moet dit nog vyf dae by die kliënt se huis staan. Ons weet nou al hoe die blomme moet lyk wanneer ons hulle pluk. In die winter is die blomme sowat twee dae stadiger as in die somer.”

Dit verg deeglike kennis en ondervinding om te weet presies wanneer om ’n lelie of iris te pluk, maar dit kan gebeur dat die blomme te ryp gepluk is en al in die winkel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o