Landbouweekblad

Vinniger wins met bome in potte

Om bome in potte te kweek, was tot nou toe duur en onprakties. Of dit ’n plastieksak of ’n rigiede pot is, dit bly in die pad en is ’n beslommernis vir enige produsent.

Ellepot-tegnologie, waarvolgens die boom saam met ’n pot geplant word sonder dat dit die deurlating van wortels, water, lug of bemesting belemmer, en boonop ontwikkeling versnel, bring egter ’n oplossing.

Ná slegs twee seisoene is jong Bigbucks Royal Gala-bome wat op die plaas Glen Fruin by Elgin aangeplant is nadat dit in potte by die Witzenberg-kwekery gekweek is, minstens ses maande verder ontwikkel as wat hul kaalwortel-eweknieë sou wees.

Die tegnologie kom uit Denemarke en bestaan uit ’n dun, bio-afbreekbare papiermembraan wat gevul word met ’n plantmedium waarin die onderstam gewortel en die jong boom gekweek word. Die kwekery-bome in ’n Ellepot word dus nooit uitgeploeg soos tradisionele kaalwortelbome nie. Die sterk én die fyn wortels bly heel en onaangeraak,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo