Weg!

Op reis in ’n reënwoud

Die Amasonereënwoud was jare lank op ons wenslys. Uiteindelik is ons in die hawestad Belém in die Amasone! Voor ons vertrek op die reis van ’n leeftyd, moet ons ’n paar dae wag vir die vragskuit wat ons en die Landie na die stad Macapá neem. Dié stad op die noordoewer van die Amasonerivier is sowat 330 km weg van Belém soos die kraai vlieg.

Tussen Belém (tegnies langs die Parárivier wat deel is van die Groter-Amasonedelta) en Macapá lê een van die grootste riviereilande in die wêreld – Marajó-eiland. Teen 40 000 km² is dit twee keer so groot soos die Krugerwildtuin.

Terwyl ons wag, besluit ons om ’n paar dae op Marajó te verwyl. Hier’s drie dorpies op die eiland en baie meer fietse as voertuie. Nóg ’n ongewone vervoermiddel is mak waterbuffels. Die storie loop dat die buffels se voorsate op ’n skip was wat hier gestrand het op pad na Frans-Guiana. Hier’s sowat 450 000 op die eiland – dis meer as die inwoners! Die polisie patrolleer die strate op die buffels – stel jou voor ’n polisieman op ’n buffel wat ’n sakkeroller jaag!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon
Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,

Related