Landbouweekblad

Bestuur grondsuurheid in aangeplante weidings

A angeplante weidings is ’n belangrike bron van voer vir melk-, vleisbees- en skaapboerderye in Suid-Afrika. Vir optimale opbrengste vereis hierdie weidings gunstige grondtoestande en voldoende voedingstowwe. Grondsuurheid is ’n algemene probleem in die hoëreëngebiede in die sentrale, oostelike en suidelike dele van die land, en te dikwels beperk dit weidingsopbrengste sonder dat die boer eers daarvan bewus is.

In vorige artikels in hierdie reeks is gekyk na die chemie van grondsuurheid en die regstelling daarvan, hoofsaaklik vir rygewasse (“Bestuur suur grond só by gewasse”, 4 Junie 2020 en “Só werk optimale gebruik kalk, gips teen suur grond”, 18 Junie 2020). Die fokus van hierdie artikel is die bestuur van grondsuurheid in aangeplante weidings.

OORSAKE VAN GRONDSUURHEID

Grond in die hoëreëngebiede van Suid-Afrika, en inderdaad reg oor die wêreld, is dikwels van nature suur omdat basiese katione (kalsium, magnesium, kalium en natrium) uit die grondprofiel geloog word.

Wanneer hierdie katione

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o