Landbouweekblad

PERFEKTE PASTEI

Vinnige hoenderpotpasteie

Vulsel

■ 1 kg hoenderborsfilette (ongeveer 6 filette), sonder vel of been
■ Sout en varsgemaalde swartpeper
■ 60 ml mielieblom
■ 30 ml elk sojasous en sjerrie
■ 45 ml elk botter en olyfolie
■ 2 groot uie, gekap
■ 3 knoffelhuisies, fyngekap
■ 5 ml vars tiemieblaartjies, fyngekap
■ 650 ml goeie hoenderaftreksel
■ 2 aartappels, fyngerasper

Deeg

■ 300 g blaardeeg
■ 1 eier, geklits

Sny die hoenderborsies in blokkies, geur goed met sout en peper en voeg die mielieblom, sojasous en sjerrie by. Meng goed. Bedek en laat staan vir 30 minute.

Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel en tiemie by en braai verder tot die knoffel gaar is. Voeg die hoenderblokkies by en braai bruin. Voeg die aftreksel en gerasperde aartappel by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Hawekrisis Vorder, Maar Dit Móét Vinniger
TERWYL die meeste uitvoervrugte Suid-Afrika deur die Kaapstad-hawe verlaat, is dit kommerwekkend dat dié hawe as die swakste ter wêreld benoem is. Volgens die jongste houerhaweprestasie-indeks (die CPPI) wat die Wêreldbank en S&P Global opstel, is di
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad5 min read
Australië Se Ysters
Die oorspronklike kolonies in Australië, sommige strafkolonies, was merendeels op die landbou ingestel en het vir naastenby ’n eeu afsonderlik ontwikkel voordat die federale staat soos ons dit vandag ken, in 1901 tot stand gekom het. Toe was daar ree

Related