Huisgenoot

‘ ’N JONG MAN SONDER GEVOEL’

DIS die slothoofstuk van die Stella-moordverhoor wat die land meer as twee jaar lank aangegryp het. Bo die masker wat hy weens die coronaviruskrisis dra, verklap Xander Bylsma se groen oë so min soos gewoonlik terwyl hy in die beskuldigdebank na die regter se verdoemende woorde luister.

Dan is dit asof die gespanne stilte in die hofsaal hier in Noordwes ekstra gewig aan die vonnis gee: twee keer lewenslange tronkstraf vir die moord op sy eksmeisie Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin en sy kleinniggie, Marna Engelbrecht (16), in die koshuis van die Hoërskool Stella.

Sharnelle se lyk is die oggend van Saterdag 26 Mei 2018 aangetref waar sy aan ’n trapreling hang.

Marna se lyk was in die badkamer met ’n handsakband om haar nek.

’n Vlaag van emosies spoel deur die hofsaal. Sharnelle se pa, Ronnie Hough, trek sy asem hoorbaar in. Marna se pa, Stefaans, gooi sy arms omhoog asof hy dankie sê dat geregtigheid geskied. Langs hom op die houtbank is ’n groot foto van sy glimlaggende dogter.

Aan die ander kant van die hofsaal is Xander se pa, Monté, se gesig vertrek van woede. Sy gebroke ma, Mercia, hardloop in trane na haar seun waar hy in die beskuldigdebank omgedraai het om na sy ouers te kyk.

Net Xander lyk steeds onverstoord agter sy masker. “Het jy dit gesien? Hy het gelag!” het een hofganger later opgemerk.

Maar daar is nog ’n speler in hierdie emosionele tafereel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related