Weg! Ry & Sleep

Kyk hoe maak die kêrels daar ’n Kaapse draai

Die Weskus is nou maar eenmaal ’n droombestemming.

As ’n mens hier kom vakansie hou, moet jy sommer ’n hele paar weke daarvoor opsy sit. Tog weet ons almal jou kampvakansie begin nie wanneer jy by die kampplek inry nie, maar eerder sodra jy die huis se voordeur agter jou toetrek.

Dit is presies wat ’n groep vriende in die Vrystaat gedoen het toe hulle besluit om só met ’n wye draai te ry, verby Augrabies en teen die Weskus af tot by Montagu, waar hulle die laaste paar aande sou kamp. Vir dié lang reis het hulle doodseker gemaak oor die padtoestande, want ’n paar van die woonwaens is net bedoel vir teerpadsleep. Nadat hulle nege kampplekke al langs die beplande roete gekies het, was dit uiteindelik tyd om in die pad te val.

Pieter van der Merwe vertel.

“ONS IS VYF PAARTJIES van Riebeeckstad. Callie en Santa de Jager sluit van Hennenman af by ons aan, en dan ontmoet ons vir Francois en Maretha de Wet, al die pad uit Montagu, op Upington. Saam met my en my vrou, Annette, is die res van ons kampgeselskap Jurie en Adriana Blom, Sarel en Ester Griesel, Gert en Christien Viljoen en Pedro en Elize Erasmus.

Ons het uiteenlopende sleepvoertuie wat wissel van ’n paar Toyota Hiluxbakkies en Fortuners tot ’n Ford Ranger, ’n Chevrolet Trailblazer en ons in ons Nissan Navara. Buiten Jurie-hulle se Conqueror Companion en die Bush Lapa van Pedro-hulle het die res van ons padwaens: ’n Gypsey Raven en Rapsody, en drie Sprite-woonwaens – dit is twee Swingmodelle en die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related