TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

FOX Life Weekdae 15:50 & 16:40

H Weekdae FOX Life (*126) 21:55, 02:05, 06:50, 12:40

O Saterdae FOX Life 10:45, Sondae 21:00

Die kanaal het The Candidate onverwags gekanselleer en saai nou dubbelepisodes uit.

VERLEDE KEER

Adolfo het Miguel gedreig toe hy besef Erika is in gevaar, en León hou ’n ogie oor sy ma se vriendskap met Graciela.

26 – 28 AUGUSTUS

César en Susan besluit om nie verder by David en Luciana se romanse betrokke te raak nie, en Miguel moet Carito na Amerika bring om in die hof te getuig. Die wynkompetisie vat vlam wanneer David probeer bewys sy wingerd is die beste in die streek, en Fernanda se angstigheid vererger. Miguel waarsku Juan om Luciana uit te los wanneer Juan haar spot.

31 AUG. – 4 SEP.

David is verstom wanneer Graciela ’n mediakonferensie reël en ’n aankondiging maak, en Susan word gyselaar gehou. Juan beweer sy pa het selfdood gepleeg oor David se sukses met sy wingerd, en Luciana probeer David met ’n sakegeleentheid help. Susan weet nie hoe om op ’n sterfte te reageer nie, en Miguel vra Erika om te trou. Graciela verwesenlik ’n seun se droom van ’n sokkerskool, en Lilian maak seker Marta word met werk oorlaai. David vertel Graciela hy is bly sy is ’n belangrike deel van sy familie, en Fernanda kry uitmuntende eksamenuitslae. Die wenner van die wynkompetisie word aangekondig en David loop oor van blydskap, en Graciela dink sy kan David oorreed om sy wingerd te verkoop.

7 – 8 SEPTEMBER

Miguel wys die vinger na Juan wanneer ’n lyk op Erika se plaas gevind word, en David is woedend omdat Luciana Miguel tydens werkure help.

SPELERS: Adolfo Óscar Bonfiglio •Bobby Emilio Beltrán •Carito Yanet Sedano •César Moisés Arizmendi •David Gabriel Soto •Erika Bárbara López •Fernanda Sofía Castro •Graciela Kimberly Dos Ramos •Gutiérrez Juan Vidal •Joselo Rodolfo Valdés •Juan Christian de la Campa •León José Eduardo Derbez •Lilian Azela Robinson •Lisa Laura Carmine •Luciana Irina Baeva •Marcos Alejandro Ávila •Mark Juan Carlos Serrano Rima •Marta Cynthia Klitbo •Miguel Raúl Coronado •Perla Gloria Aura •Ramón Mario Loria •Sonia Verónica Jaspeado •Susan Mar Contreras •Tano (Carlos) Luciano Zacharski

e.tv Weekdae 16:45

H Weekdae e.tv (*194) 09:30

VERLEDE KEER

Hope en Rafe het iets gehad om te vier, Paul het Sonny ondersteun, en Hope het Abby oor Dario gewaarsku. Lani het ’n ontstellende ontdekking gemaak, Tripp het oor Kayla getwyfel, en Marlena het Sonny gehelp om die partytjie te onthou.

26 – 28 AUGUSTUS

Adrienne hoor Marlena en John het dalk ’n manier om Sonny te red, Eric en Jennifer stry aanhoudend, en Nicole is ’n emosionele wrak. Abby is bang Dario laat iets glip oor Chad, Gabi kry ’n ring tussen Chad se goed, en Dario vertel Abby die FBI bied hom ’n ooreenkoms aan. Abe hoor Theo werk by die DiMera-familie, Eli en Lani moet praat, en Steve reik uit na Kayla.

31 AUG. – 4 SEP.

Abby en Andre is desperaat om Theo se skootrekenaar te kry, Gabi se broer word gearresteer, en Joey en Tripp vind aansluiting. Chad wil by Abby weet hoekom sy en Dario die stad verlaat, ’n lewe is in gevaar, en Marlena se planne boemerang. Abby red Chad, John en Paul hou Victor dop, en Steve is agterdogtig oor Tripp.

7 – 8 SEPTEMBER

Brady is oortuig Nicole en Eric het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
eExtra Weekdae 20:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE H Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (*195) 04:05 O Saterdae eExtra 10:45 Zeynep was ontsteld omdat Müjgan haar vir Mehdi se situasie blameer het, Ekrem was die geskikte bloedskenker vir Mehdi, maar het
TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans2 min read
E.tv Weekdae17:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE O Sondae eExtra (*195/Openview 105) 15:20 Ender en Sahika het hul plan met Zehra en Hasan Ali uitgevoer, maar nie Zehra of Hasan Ali het gelyk asof dit hulle pla nie, Cagatay het sy vrou geïgnoreer, en Yild

Related