Landbouweekblad

Landbou lig in die ekonomie, maar…

Sterk jaarlikse groei van 13% in die plaaslike landbousektor is pas bekend gemaak, ’n drastiese groeisyfer as in ag geneem word dat die landbou in 2018 en 2019 met onderskeidelik 1,86% en 9,86% ingekrimp het.

Volgens die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) se jongste vooruitskouing vir die tydperk 2020 tot 2029 word die groei moontlik gemaak deur die tweede grootste mielie-oes nog van 15,5 miljoen ton, stygende pryse vir uitvoervrugte (veral weens ’n swakker rand) en sterk verkope van landbouprodukte in die eerste vier maande van die pandemie. Die uitsondering is natuurlik wyn- en tabakprodukte waarop daar met tye ’n verbod was.

Die gesaghebbende verslag is ’n jaarlikse gesamentlike projek van die BFAP-direksie en span van 25 lede, die universiteite

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o