DIE LANK EN DIEKORTVAN SEKSIONELE DIGTHEID
![huntjagza2009_article_036_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/selmortog83go7t/images/file7576YRQX.jpg)
![huntjagza2009_article_036_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/selmortog83go7t/images/file7NW07JH3.jpg)
Een van die meer populêre tydverdrywe in die Kenia van die vroeë 1900’s was die jag van leeus te perd. Leeus is as pesdiere beskou in daardie tye en is min of meer op sig doodgeskiet, baie anders as die Afrika van vandag waar wilde leeus as ’n baie waardevolle kommoditeit gesien word.
Een man wat aan hierdie gevaarlike tydverdryf deelgeneem het, was George Grey, ’n Engelsman van edele geboorte en die broer van die destydse Britse buitelandse sekretaris, Sir Edward Grey.
Op die oggend van 29 Januarie 1911 het George Grey ’n leeumannetjie met sy .280 Ross gekwes. Die .280 was ’n rooiwarm nommer vir sy tyd wat ’n 145gr-koeël teen byna 2 900vps geskiet het, en was rofweg die ekwivalent van ’n .270 Winchester of 7x64 Brenneke in vandag se terme.
Grey se eerste skoot is op langafstand geskiet en die leeu het hom gestorm, waarna hy van sy perd afgespring het om die stormloop tegemoet te gaan. ’n Skoot op die stormende leeu vanaf ongeveer 25m het geen effek gehad nie, en so ook nie ’n volgende skoot op 5m nie. Die leeu het Grey in die hande gekry en hom baie ernstig gekrap en gebyt. Twee van Grey se medejagters het
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days