TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

FOX Life Weekdae 15:50 & 16:40

H Weekdae FOX Life (*126) 21:55, 02:05, 06:50, 12:40

O Saterdae FOX Life 10:45, Sondae 21:00

VERLEDE KEER

Graciela het David verlei, Juan se besigheid was in die moeilikheid toe al hoe meer bestellings gekanselleer word, en Fernanda en Bobby was gelukkig oor David en Graciela.

9 – 11 SEPTEMBER

Lilian en Graciela mislei Fernanda en Bobby deur te sê David moet met Graciela trou om sy wingerd te red, en Miguel bied Luciana ’n werk aan op sy plaas, maar sy wys dit van die hand. Juan vaar weer uit teen David en sê David maak ’n groot fout deur Graciela bo Luciana te kies. Juan oortuig Perla mensehandel is die beste manier om vinnig geld te maak, en Fernanda is bekommerd oor haar pa en Graciela se aanhoudende bakleiery.

14 – 18 SEPTEMBER

Gutiérrez onthul die werklike rede waarom hy Lilian afgesê het, en Perla verdedig Juan en sê hy is onskuldig aan moord. Lilian sê Graciela moet van Marta ontslae raak voor hulle ’n groter probleem het, Carito vertel David die polisie het ’n beëdigde verklaring dat Juan die wyn vergiftig het en by mensehandel betrokke is, en Gutiérrez word vermoor. Juan en Perla vlug, en David roep sy werkers byeen om die situasie met Marta en Luciana te verduidelik en hulle bied hul ondersteuning aan. Juan pers Graciela af met ’n moordgeheim en sê aan Perla hulle het geen ander keuse nie, want hulle het die geld nodig.

21 – 22 SEPTEMBER

Juan vertel David Graciela het Lisa vermoor, en in die allerlaaste episode op 22 September vra David Luciana om hom te vergewe en sê saam met haar het liefde gekom.

Die kanaal kon nie bevestig watter program die telenovelle gaan vervang nie.

SPELERS: Adolfo Óscar Bonfiglio •Bobby Emilio Beltrán •Carito Yanet Sedano •César Moisés Arizmendi •David Gabriel Soto •Erika Bárbara López •Fernanda Sofía Castro •Graciela Kimberly Dos Ramos •Gutiérrez Juan Vidal •Joselo Rodolfo Valdés •Juan Christian de la Campa •León José Eduardo Derbez •Lilian Azela Robinson •Lisa Laura Carmine •Luciana Irina Baeva •Marcos Alejandro Ávila •Mark Juan Carlos Serrano Rima •Marta Cynthia Klitbo •Miguel Raúl Coronado •Perla Gloria Aura •Ramón Mario Loria •Sonia Verónica Jaspeado •Susan Mar Contreras •Tano (Carlos) Luciano Zacharski

e.tv Weekdae 16:45

H Weekdae e.tv (*194) 09:30

VERLEDE KEER

Eric en Jennifer het baklei, Adrienne het uitgevind Marlena en John kon Sonny dalk red, en Dario het Abby van sy FBI-ooreenkoms vertel. Abby het Chad gered, en Roman het vermoed Eric het gevoelens vir Nicole.

9 – 11 SEPTEMBER

Joey probeer Kayla red, Brady wil met Victor praat, en Paul se skielike terugkeer skok Sonny. Gabi moet ’n besluit neem oor Chad, en die sielsgenote Marlena en John kom tot ’n vergelyk. Brady word tot die uiterste gedryf, en ’n strik word vir Adrienne gestel. Nicole wil naby Holly wees, en Justin maak ’n bekentenis aan Sonny. Steve en Kayla stry oor Tripp en Joey se situasie.

14 – 18 SEPTEMBER

Tripp wil die stad verlaat, en Lani word in ’n hoek gedryf. Chad en Abby se hereniging neem ’n wending, Lucas se hart is gebreek, en Marlena kry slegte nuus. Brady ontdek iets ontstellends in Eric se kamer, en Chad en Sonny het ’n openhartige gesprek. Bonnie se partytjie word onderbreek, Sonny onthou iets van die nag toe Deimos vermoor is, en Marlena smeek John om hulp.

21 – 22 SEPTEMBER

Chloe is kwaad en hartseer tegelyk wanneer Brady hom weer aan drank oorgee.

SPELERS: Marci Miller •James Reynolds •Judi Evans •Thaao Pen-ghlis •Morgan Fairchild •Leann Hunley •Meredith Scott Lynn •Austin Peck •Tamara Braun •Eric Martsolf •Judi Evans •Peggy McCay •Christie Clark •Billy Flynn •Dot-Marie Jones •Nadia Bjorlin •Vivian Jovanni •Olivia Rose Keegan •Lauren Leatherer •Jordi Vila-suso •Gregg Marx •Vincent Irizarry •Charles Shaughnessy •A. Martinez •Lamon Archey •Greg Vaughan •Larson Kassie DePaiva •Camila Banus •Oakley & Taytum Fisher •Kristian Alfonso •Paige Searcy •Melissa Reeves •Casey Moss •James Lastovic •Drake Hogestyn •Susan Seaforth Hayes •Wally Kurth •Lauren Koslow •Mary Beth Evans •Sal Stowers •Aaron D. Spears •Bryan Dattilo •Suzanne Rogers •Deidre Hall •Arianne Zucker Nichols •Christopher Sean •John-Paul Lavoisier •Galen Gering •Josh Taylor •Brandon Beemer •Tionne (T-Boz) Watkins •Freddie Smith •Joseph Mascolo •Shelley Hennig •Stephen •Kyler Pettis •Elowen & Willow S. •Lucas Adams •Vanessa A.Williams •John Aniston •Scott Shilstone

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans2 min read
eExtra Weekdae 19:30
@ETVSA @ETV @ETVONLINE h Weekdae eExtra (*195/Openview 105) 12:25 Eda was verpletterd toe Serkan haar afgesê het kort nadat hulle hul liefde in die openbaar bely het, en Eda het uitgevind haar ouma finansier haar Italiaanse beurs. Serkan
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC3 Weekdae 19:00
@THEESTATEON3 @THEESTATEON3 @THEESTATEON3 H Weekdae SABC3 (*193) 11:00 O Saterdae SABC3 10:30 Schumacher en Mncedisi is getroud, Mlungisi het gevoelens vir Cora die ouditeur ontwikkel, en Londiwe se nuwe besigheid het die Khoza-familie se g

Related