Huisgenoot

Local is lekker

SYLK&HONEY. sylkandhoney.com

Leef jy in gemaklike ontspanningsdrag tydens die inperking? Dan is dié items ’n moet vir jou klerekas. Dis geïnspireer deur die ou keisteenstrate en kerke in Sicilië, Italië, sê die Siciliaans-Suid-Afrikaanse stigter, Sylvanna Di Bella. “Ek was nog altyd mal oor ontspanningsdrag, maar kon nooit iets vind wat goed gemaak is en by verskillende liggaamstipes pas nie,” sê sy. Toe begin dié Johannesburger haar eie klerereeks. “Dis lekker om vroue pragtig én gemaklik te laat voel.”

LTM CURVE @ltm.curve

is die skepper agter dié klerereeks vir vroue met kurwes. “As vrou met kurwes was dit altyd moeilik om klere te kry wat my laat sexy voel, want alles wat vir ons bedoel was, was óf verslons, outyds óf verouderde blomme en motiewe,” sê sy. “Ek wou sexy terugbring na die vrou met kurwes. ’n Groot motivering was ook om die ingesteldheid van wat vroue met kurwes mag of nie mag dra nie te verander. Om my eie klerereeks te begin was ’n natuurlike verloop om hulle wonderlik oor hulself te laat voel.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related