Landbouweekblad

Tuinvullis omgesit in skoner energie vir gasteplaas

Die vernuftige planne van mnr. Jacques Jordaan van die Santa Paloma-gasteplaas buite Oos-Londen in die Oos-Kaap ken geen einde nie, en soos jy oor die plaas stap, is daar verskeie ontwerpe gebou van beskikbare materiaal op die plaas en wat die natuur hom gee. Hy gebruik ontwerpbeginsels wat die natuur verskaf. Dit sluit onder meer ’n tromp (’n wateraangedrewe lugkompressor) om sy eie druklug te produseer, rioolsuiweringstelsel, ’n selfgeboude vragskiphouerhuis en eenvoudige waterverhittingstelsels in, om maar net ’n paar te noem.

Hy het ook onlangs besluit om sy eie vergasser te bou waarin hy vlambare sintese-gas produseer van houtskool, wat hy op sy plaas maak. Sy uiteindelike doel is om die vergasser op ’n voertuig te monteer. “Ek wil die vergasser op ’n bakkie bou en dit dan as ’n soort energie-knooppunt gebruik. Dan trek jy jou bakkie saans naby die huis en koppel dit aan die kragopwekker vir kragvoorsiening, warm water en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o