Rapport

Twee reuse

Die moderne motormark, weet ons, word deur lewenstylers oorheers. In die VSA is amper die helfte van alle nuwe motors wat verkoop word, sogenaamde es-joe-wie’s. Sedans dra minder as ’n kwart tot die totale syfer by.

Mense wil hoog sit, veilig voel en na die boendoe wegbreek.

Twee van die beste in die plaaslike mark is luukse turbodiesels, die Range Rover Sport HSE Dynamic SDV8 en die Volkswagen Touareg 3.0 V6 TDI Executive met R-Line-afwerking.

Ons Touareg-toetsmotor het skuins ná grendeltyd opgedaag, ’n maand of twee voor Land Rover se imposante Ranger.

En sommerso, kort voordat hierdie storie gedruk is, val laasgenoemde van die pryslys af. Land Rover bemark nie meer die Range Rover Sport SDV8 nie.

Range Rover Sport

Dis ’n jammerte. Die langslag-4.4-liter-V8-turbodiesel met ’n lae drukverhouding van 16,1:1 was die hart van ’n hoogs indrukwekkende voertuig.

Tog is ’n traantjie onnodig.

Eerstens is daar nog ’n paar SDV8’s hier en daar op handelsvloere te vind.

Tweedens is die SDV6 nader aan die SDV8 as “dêmmit” aan ’n vloekwoord

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band
Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa