Landbouweekblad

Embriospesialis wil bedreigde wild red

As die “vader” van Futhi, die eerste gekloonde dier in Afrika, het dr. Morné de la Rey nie juis bekendstelling nodig nie. Hy het ook talle ander deurbrake in moderne teeltegnieke gemaak en werk kliphard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk baat sal vind.

Selfs pres. Cyril Ramaphosa is een van sy kliënte en vertrou sy Ankolebeeste aan hom toe.

De la Rey is saam met dr. Robert Treadwell die vennote en direkteure van Embryo Plus, ’n sentrum vir embriowerk, kunsmatige inseminasie (KI) en kwarantyn op Brits, wat in 1980 deur De la Rey se ouers, dr. Ronnie en Helena, begin is. Daar doen hulle onder meer KI, embrioversameling, in vitro-bevrugting, embrio-oorplasing na ontvangerdiere en kriogeniese bewaring.

Treadwell is ook ’n veearts. Hy het hom in 1998 by die onderneming aangesluit en in 2002 ’n direkteur geword.

De la Rey is aan die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus as veearts opgelei. Daarna het hy in 1994 saam met sy vrou, Petra, ook ’n veearts, by Embryo Plus begin werk.

Sy pa, wat in 2000 die gesogte Boswelleerbewys vir uitsonderlike diens aan die veeartsberoep van die Suid-Afrikaanse Veerartsenykundige Vereniging ontvang

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related