Finweek - Afrikaans

Landbouekonomiese aanwysers

■ Die landbousektor het volgens Statistiek SA in die tweede kwartaal vanjaar met 15,1% gegroei en met 0,3 persentasiepunte die enigste positiewe bydrae■ Dit het gevolg op die landbousektor se groei van 27,8% in die eerste kwartaal, aldus Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landbousakekamer.■ Dié prestasie was te danke aan ’n toename in somergraan-, vrugte-en diereproduksie ná beter reënneerslae.■ ’n Swakker rand-dollar-wisselkoers help uitvoere aan.■ Die mielie-oes van 15,5 miljoen ton is die tweede grootste in SA se geskiedenis. Selfs in reële terme spog dit met die hoogste randwaarde ooit.■ Veeslagtings het vanweë die grendeltoestand in die land afgeneem, maar herstel word in die derde kwartaal verwag. Met die skryf hiervan het beesvleispryse steeds gestyg, terwyl skaapvleispryse sywaarts beweeg het, maar na verwagting weer in Desember sal styg.■ Sekere landboumaatskappye ondervind uitstekende verkope van kalk asook puik verkope in hul meganisasie-afdelings. Daarenteen maak die wisselvallige internasionale markte die bestuur van marges baie uitdagend vir landboumaatskappye wat olieperse bedryf.■ Die bemarking van vesel bly nog onder druk vanweë ’n wolsurplus in Australië en Covid-19 se ontwrigting.■ Die negatiewe uitwerking wat Covid-19 in die pluimveebedryf meegebring het, het intussen begin verbeter.■ Die indeks vir landbou-sakevertroue het van 39 punte in die tweede kwartaal (sy laagste vlak sedert 2009) tot 51 punte in die derde kwartaal gestyg.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes