Huisgenoot

GRONDBEGINSELS VAN GESOND EET

ONS almal ken iemand wat telkens die jongste dieetgier begin volg en dit dan ’n paar weke later – of dalk selfs net ’n paar dae later – laat vaar. Of miskien is jy self een van daardie mense wat dit doen.

Maar deesdae vermy ál meer mense kitsdiëte en keer terug na die grondbeginsels van gesond eet.

Dié beginsels is gewortel in die idee dat die beste manier om gesond te leef is om kos te eet wat waarlik voedsaam is – vars, onverwerkte kosse (sogenaamde “whole foods”) vol voedingstowwe wat jou liggaam benodig. Dit is betroubaar, volhoubaar, gebalanseerd, kan met behoorlike beplanning bekostigbaar wees – en jy hoef nie daagliks op die skaal te klim of sekere kosgroepe uit te sny nie.

Dit kan jou gewig op koers hou, maar dit kan jou ook op die lange duur help gesond bly.

Laat kos jou medisyne wees, lui ’n aanhaling wat dikwels aan Hippokrates toegeskryf word. En daar steek waarheid daarin.

Voedsame kos is sonder twyfel deurslaggewend vir jou gesondheid en help om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related