Huisgenoot

In die skadu’s van Grootberg

DIE branders vou stormagtig oor die gepunte rotse. Vanaand is die waters van die Atlantiese Oseaan onrustig met ’n tierende wind wat dit onuithoudbaar maak. Soos ’n woedende leeu skeur die wind deur enigiets wat in sy pad kom.

Die donkerblou motortjie staan verlate op die parkeerterrein. Vanaand is Ellie Kruger die enigste toeskouer van die sonsondergang by Bloubergstrand.

Vir enige toeris of besoeker sou die uitsig ’n herinnering wees om nooit te vergeet nie. Witgesoomde branders skiet in ’n sproei die lug op onder ’n goue skemerkleur wat die aarde vir oulaas nog omvou.

Sy is egter onbewus van die pragtige prentjie wat Moeder Natuur voor haar skets. Haar gemoed is swaar en haar gedagtes hartseer.

Dralend dwaal haar gedagtes terug na haar lewe in die pragtige stad waarop sy onmiddellik haar hart verloor het.

Twee jaar gelede het sy vir die eerste keer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related