Landbouweekblad

Langsamer groei in vraag en produksie verwag

Die melkbedryf handhaaf histories ’n fyn balans tussen vraag en aanbod, en in die volgende dekade sal plaaslike produksie na verwagting voldoende wees om in die vraag te voorsien, sê die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) in sy jongste vooruitskouing vir die landbou tot 2029.

Die vlakke waarop die melkprys in dié jare in verhouding tot die mielieprys sal wees, sal na verwagting produksiegroei van gemiddeld 1,8% per jaar ondersteun, sê die BFAP-navorsers.

Melkboere het ’n paar moeilike jare agter die rug, met winsgewendheid wat onder groot druk was omdat die melkprys sywaarts beweeg het en voerpryse deur droogtetoestande opgedruk is.

Mnr. Simon Matthews, melkboer van die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap, wat ’n droëland-kikoejoegebaseerde weidingstelsel het, sê die bedryf is al vier jaar lank onder druk. Hy het 1 300 koeie in melk en hy lewer aan die melkverwerker Woodlands.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Hawekrisis Vorder, Maar Dit Móét Vinniger
TERWYL die meeste uitvoervrugte Suid-Afrika deur die Kaapstad-hawe verlaat, is dit kommerwekkend dat dié hawe as die swakste ter wêreld benoem is. Volgens die jongste houerhaweprestasie-indeks (die CPPI) wat die Wêreldbank en S&P Global opstel, is di
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad5 min read
Australië Se Ysters
Die oorspronklike kolonies in Australië, sommige strafkolonies, was merendeels op die landbou ingestel en het vir naastenby ’n eeu afsonderlik ontwikkel voordat die federale staat soos ons dit vandag ken, in 1901 tot stand gekom het. Toe was daar ree