Landbouweekblad

Bewaringsboerdery bring sukses in die kelder

Toe die internasionaal bekende wynjoernalis Tim Atkin onlangs mnr. David en me.

Nadia Sadie, die egpaar agter die handelsmerk David & Nadia Wines, as sy jong wynmakers van die jaar aangewys het, het hy hulle beskryf as ’n “briljante paartjie wat ongelooflike Chenin blanc op klein stukkies uitsoekgrond maak”.

Kort voor dié eerbewys hulle te beurt geval het, het ek saam met David gestap deur die wingerde van Paardebosch, ’n wynplaas van 16 ha in die Paardeberg by Malmesbury wat hulle sedert 2013 huur en dolgraag wil koop.

Die wingerde is voorheen “baie reaktief met ’n paar telefoonoproepe” bestuur, maar danksy die Sadies se bewaringsboerderybenadering lyk die stokke deesdae beter, die tonnemaat styg en die arm verweerdegranietgrond word goed opgepas.

“Ek het my pa, en daarom ook my ouma, se geaardheid. Ek is baie beginselvas en nogal hardkoppig oor dít waarin ek glo. Daarom het ek al met baie mense koppe gestamp. ’n Wynmaker in Bordeaux, waar ek gewerk het, het my uit die kelder gejaag om in die wingerd te gaan werk, want ek het hom uit beginsel oor morele kwessies uitgedaag,” vertel David.

Ná net ’n maand in sy eerste heeltydse pos in Suid-Afrika het hy vir Nadia en sy skoonpa gesê hy is nie uitgeknip daarvoor om heeltyds vir iemand

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Byeboere Kry Meer Per Korf, Maar Is Dit Genoeg?
BYEBOERE is dankbaar vir die klein finansiële hupstoot wat hulle kan kry nadat die riglyntarief vir bestuiwingsdienste in die Wes-Kaap verhoog is. Die nuwe riglyntarief wat sedert 25 April van krag is, is R1 266,70 per korf, R145,70 per korf meer. Di
Landbouweekblad2 min read
Wêreldkongres Op Ons Voorstoep
“DIT is ’n bietjie soos om die Wêreldbekerrugbytoernooi vir bewaringslandbou aan te bied, en die beste boere en wetenskaplikes van oor die wêreld heen sal in Kaapstad byeenkom om oor bewaringslandbou te praat.” Só beskryf Chris Burgess, redakteur van
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli

Related