Landbouweekblad

Só kry jy data wat saakmaak

Alles het met grondskanderings begin, maar hulle het gou besef hoewel dit nice inligting oplewer, hulle veel meer besluitnemingsmoontlikhede kan ontsluit as hulle nog ’n paar dinge bysit. Só sê mnr. Jacobus Els, ’n wingerdboukundige en grondwetenskaplike wat in 2018 die landboutegnologiemaatskappy Revolute Systems saam met sy vriend mnr. Berno Greyling, ’n megatroniese en nywerheidsingenieur, by Stellenbosch se LaunchLab op die been gebring het.

Deesdae lyk hul benadering meer soos “’n koek met baie lae”. Hulle het die RevToolbox ontwikkel, wat as sentrale platform vir data-ontleding dien en, belangriker nog, data in aksies omskakel. Die produkte wat tans data aan die RevToolbox voer, is elektromagnetiese grondskanderingstegnologie wat grondverskille uitlig, ’n NDVI-satellietmoniteringsplatform (genormaliseerde plantegroei-indeks) wat groeiverskille aantoon, en vrugtetellingstegnologie wat opbrengsverskille in blokke onder boere se aandag bring.

“Ons probeer tegnologies gedrewe landboukundige data deur afstandswaarnemingstegnologie verskaf, en dit deur ’n platform

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Byeboere Kry Meer Per Korf, Maar Is Dit Genoeg?
BYEBOERE is dankbaar vir die klein finansiële hupstoot wat hulle kan kry nadat die riglyntarief vir bestuiwingsdienste in die Wes-Kaap verhoog is. Die nuwe riglyntarief wat sedert 25 April van krag is, is R1 266,70 per korf, R145,70 per korf meer. Di
Landbouweekblad2 min read
Wêreldkongres Op Ons Voorstoep
“DIT is ’n bietjie soos om die Wêreldbekerrugbytoernooi vir bewaringslandbou aan te bied, en die beste boere en wetenskaplikes van oor die wêreld heen sal in Kaapstad byeenkom om oor bewaringslandbou te praat.” Só beskryf Chris Burgess, redakteur van
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli