SARIE KOS

WESKUSJUWELE

12 dinge wat jy nie van mossels en oesters geweet het nie

1 VEGANISTIES

Mossels en oesters word as veganisties beskou om twee redes: Dit het nie ’n definitiewe ma of pa nie en ook nie ’n definitiewe senuweestelsel nie. Maar dis ’n debat wat aanhou!

2 BERGING

Mossels en oesters is geneig om uit te droog in die yskas. Gooi daarom ’n nat doek oor om te keer dat dit gebeur.

3 GEWILD IN DIE OOSTE

Die smaakprofiel van die oesters en mossels wat by Saldanha gekweek word, is baie gewild in veral Oosterse lande. Die ietwat soet geur in die planktonspesies wat hier voorkom, word oorgedra na die mossels en oesters.

4 SPAANSE MOSSEL

Die Spaanse mossel wat ook by Saldanha voorkom, het hom al op vyf kontinente gevestig.

5 O, SUSHI!

Rou mossels in sushi is gewild in lande in Oos-Europa en in die Ooste.

6 OOP OF TOE

Mossels kan oop of toe wees. As dit oop is, beteken dit hy is besig om asem te haal; toe beteken dit wil nie gepla word nie of is besig om homself te beskerm. ’n Oester wat oop is, is dood.

7 DOEN DIE TOETS

Om te toets of die mossel wel nog lewe indien hy oop is, tik aan die skulp. As hy toemaak, weet jy hy is nog lewend.

8 BINNELANDSE MARK

Die Suid-Afrikaanse mark verbruik sowat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o
SARIE KOS2 min read
Hoor Hier …
Botaniste klassifiseer piesangs, komkommers, avokado’s, pampoene en kiwi’s as bessies. Maar nie aarbeie (strawberries), braambessies (blackberries), moerbeie (mulberries) en frambose (raspberries) nie. • Lees ook bl. 48 Foto’s word gereeld op sosial

Related