Huisgenoot

DIE SOSIOPATIESE MEDIA

ONS is almal ’n slaaf van ons selfoon. En die maat skappye agter sosialemediaplatforms gebruik slim algoritmes om ons menings te beïnvloed en ons met advertensies te bestook vir dinge wat ons glad nie regtig nodig het nie.

Daagliks word soveel fopnuus op Twitter en Facebook versprei dat ons nie meer ’n benul het wat waar is en wat nie, en die foto’s op Instagram skep ’n prentjie van skoonheid en volmaakte lewens wat nie in die werklikheid bestaan nie.

Dis niks nuuts nie – kenners waarsku ons al jare hieroor. Hoekom veroorsaak ’n nuwe Netflix-dokumentêr oor die gevare van sosiale media dan so ’n opskudding? Want dit gee ons ’n binneblik op die metodes wat Facebook, Google, Instagram, YouTube en Twitter inspan om hul gebruikers te manipuleer.

Voorheen was laat gewese werknemers van dié internetreuse die aap uit die mou: Hulle deel watter onderduimse taktiek die sosialemediaplatforms gebruik om jou vasgenael te hou aan die skerm sodat hulle jou met advertensies kan bombardeer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Weer: Voorspellings En Patrone
DIE weer het op baie maniere ’n invloed op ons lewe. Sommige daarvan is klein – dit kan bepaal wat ons aantrek vir die dag, en of ons Sondag kan braai. En sommige daarvan is groot – ’n droogte kan vernietigend vir ’n boer wees, en ekstreme weer soos
Huisgenoot1 min read
Hallo, Superman!
HY HET groot skoene – en ’n groot pak – om te vul, maar DAVID CORENSWET is slaggereed vir die uitdaging as die nuwe akteur wat Superman speel. David en sy medester Rachel Brosnahan, wat Lois Lane speel, is op die stel van Superman: Legacy opgemerk. A
Huisgenoot3 min read
Op Ons Speellys
As kind het sy altyd gekyk hoe haar ouers die plek aan die brand dans terwyl hulle liefdevol in mekaar se oë staar. “Ons hele familie hou van dans. Dans maak my gelukkig. En as ’n man kan langarm soos my pa, is dit nog beter!” Aan die woord is die sa

Related