Goeie jaar wag op SA se voedselmandjie
![landbouza201015_article_056_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/445lafco0086cpm3/images/fileEUMDE8YO.jpg)
Landbouvooruitsigte vir die Vrystaat is betreklik rooskleurig danksy die moontlikheid van ’n ekonomiese inspuiting van ’n beter as verwagte someroes. Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz, sê die provinsie se landboubedryf het die afgelope paar jaar onder ongunstige toestande gebuk gegaan.
Gelukkig is ’n draaipunt bereik. Die nuwe produksiejaar hou die belofte in van beter hulpbronne, soos opgebergde grondvog, en dat die heersende La Niña-weerverskynsel bogemiddelde neerslae vir Suid-Afrika se droogtegeteisterde gebiede kan bring.
Wat somergewasse betref, kan die Vrystaat steeds as Suid-Afrika se voedselmandjie beskryf word, ondanks dikwels moeilike landboutoestande. Die meeste mielies, sonneblomme, soja- en droëbone word jaarliks in dié provinsie verbou. Net in die geval
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days