Landbouweekblad

Die klipperige pad van kommunaal tot skoukampioen

As kommunale boer het mnr. Albert Tjihero weggespring met dertig kommersiële koeie en ’n bul – ’n geskenk van sy ouers. Vandag het hy 200 stoet-Brahmane en 50 stoet-Simmentalers, asook 400 kommersiële vleisbeeste op sy uitgestrekte stuk grond van 9 000 ha.

“Ek moes sélf grond koop en met ’n klein kudde begin boer, en in die proses het ek geval, opgestaan, weer geval en nóg ’n slag opgestaan,” vertel Tjihero op sy plaas Okorusengo 279 by Okahandja in die Otjosondu-gebied.

’n Kommersiële kudde vul sy Brahman-en Simmentaler-stoeterye aan, maar die stoetbeeste voeg die grootste waarde tot die boerdery toe.

“Dit het wilskrag en sweet gekos om hier te kom. Ek sal nooit my wortels in die kommunale gebied vergeet waar ek grootgeword het nie, maar vandag is dit lekker om my stoetbeeste op die skoue te sien presteer.”

Hy het op 2017 se Namibiese Brahmankampioenskap die senior en grootkampioenkoei vertoon en op 2018 se kampioenskappe het sy kampioenbulkalf

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo