Huisgenoot

COOL, SEXY – EN VOL LIEFDE

LENNY KRAVITZ bly ’n oomblik stil om die reën van sy voorkop af te vee, dan dep hy sy bors droog (hy het nie sy hemp toegeknoop nie) en glimlag.

Die musiekikoon is pas terug van ’n uur lange fietsrit in ’n reënstorm. Dit verduidelik hy oor ’n Zoom-oproep uit sy Airstream-woonwa op die eiland Eleuthera in die Bahamas, waar hy woon wanneer hy nie in sy huis in Parys is nie.

As sy reëndeurdrenkte voorkoms ’n doelbewuste poging is om die vooropgestelde idees oor hom as ’n rock- en seksgod te versterk, dan kry hy dit uitmuntend reg. Maar ek dink nie dis opsetlik nie. Op ’n manier lyk dit of hy dit maar net nie kan help nie – hy is net ’n cool ou.

Sedert sy jeugdige deurbraak in die vroeë 1990’s was sy musiekloopbaan bestendig en suksesvol, maar drie dekades later, op 56, is hy steeds veral bekend vir sy voorkoms en uitspattige modes waarvoor hy óf geloof óf gespot word – byvoorbeeld die oorgroot serp wat ’n meme geword het; die hemde wat altyd oop gedra word; die silwer toeritspakke; die getinte sonbrille; die hoede.

En dan is daar die vroue. Van die aktrise Lisa Bonet – met hul troue was sy beroemder as hy danksy haar rol as Denise Huxtable, die TV-dogter van Bill Cosby in die 1980’s-sitkom – tot Vanessa Paradis, met wie hy uitgegaan het nadat hy en Lisa uitmekaar is en voor Vanessa Johnny Depp ontmoet het. Ook was daar die Australiese sangeres Natalie Imbruglia, die supermodelle Naomi

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Weer: Voorspellings En Patrone
DIE weer het op baie maniere ’n invloed op ons lewe. Sommige daarvan is klein – dit kan bepaal wat ons aantrek vir die dag, en of ons Sondag kan braai. En sommige daarvan is groot – ’n droogte kan vernietigend vir ’n boer wees, en ekstreme weer soos
Huisgenoot1 min read
Hallo, Superman!
HY HET groot skoene – en ’n groot pak – om te vul, maar DAVID CORENSWET is slaggereed vir die uitdaging as die nuwe akteur wat Superman speel. David en sy medester Rachel Brosnahan, wat Lois Lane speel, is op die stel van Superman: Legacy opgemerk. A
Huisgenoot3 min read
Op Ons Speellys
As kind het sy altyd gekyk hoe haar ouers die plek aan die brand dans terwyl hulle liefdevol in mekaar se oë staar. “Ons hele familie hou van dans. Dans maak my gelukkig. En as ’n man kan langarm soos my pa, is dit nog beter!” Aan die woord is die sa

Related