Huisgenoot

TERUG VIR ’N BIETJIE PRET

TOE die middeljarige man die Binneland-kliniek in November binnestap, het die gewilde kassiedokter Tertius Jonker verbaas opgekyk. “Hallo, Pa,” het Tertius, gespeel deur die akteur Reynard Hugo, verstom gesê. “Wat maak Pa hier?”

Kykers van Binnelanders op kykNET was net so verbaas. Dis dan Kandas? Of Jollyboy Roodt?

Ja, die rol van Tertius se pa, Koos Jonker, word inderdaad deur Ryno Hattingh gespeel – die einste Ryno wat in die 1980’s die knieë lam gemaak het met hoofrolle in rolprente en reekse soos Kiepie en Kandas, Sterretjie en Konings.

Dit is byna 30 jaar sedert Ryno (63) die kassie vaarwel toegeroep en hom op sy makelaarsonderneming toegespits het. Daarna het hy in 2009 kortliks teruggekeer na die destydse dramareeks as die Stryder Reinhardt Bekker se oupa Boet Bekker. En nou, 11 jaar later, kom veroorsaak hy drama in . “Ag, ek was maar net lus om weer ’n bietjie pret te hê,” sê die veteraanakteur.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related